top of page

News & Articles

Voetvratte is ‘n vel infeksie wat veroorsaak word deur anaerolise bakterieë.  Dit kom hoofsaaklik voor in zone 10 (sien skematiese skets van zones op die voet hier bo). Dit kan ook voorkom in zone 0, tussen die kloue en in zone 9, net onder die bykloue.

 

In die begin stadium lyk die voetvrat net soos ‘n skaaf plek of ‘n haar-af besering en is dit so groot soos ‘n 10c muntstuk.  In ‘n gevorderde stadium begin die haartjies rondom die voetvrat langer uitgroei en lyk dit soos ‘n aarbei op die oppervlakte, met fyn knoppetjies binne-in.  Op hierdie stadium kan dit al so groot soos ‘n 50c stuk wees.  Indien dit nie behandel word nie groei die voetvrat baie groter en dan is uitgroeisels (papillae) op die voetvrat sigbaar.

 

Voet vratte is hoogs aansteeklik.  Dit het nattigheid nodig en ‘n PH van 5,5 tot 6,5 om te floreer.  Voetvratte kom baie algemeen voor by melkerye, asook by vleisbeeste wat deur ‘n fase C of fase D toetse onderwerp is.  Skou beeste en veilings beeste wat afgerond word kan ook maklik voetvratte opdoen

 

Voetvratte

Krake In Die Hoewe

Daar is 3 tipes krake.

 

Die mees algemene krake wat voorkom is vertikale krake in zone7 (sien die skematiese voorstelling van die 12 zones hierbo)

 

Die twee ander tipe krake wat minder algemeen voorkom is horisontale krake in zone7

 en zone8, asook ‘n diagonal kraak wat in zone11 voorkom.  Die laasgenoemde 2 tipe krake sal met ‘n later geleentheid bespreek word.

 

Vertikale krake in zone7 kan ook in twee groepe opgedeel word naamlik:

 

1. Krake wat van die dra vlak van die hoef begin en op boontoe kraak.  Dit gebeur omdat die hoewe net te lank is en die hoef begin breek.

 

Sweerklou

‘n Hoefabses kan op verskeie plekke op die hoefkapsule voorkom.. Hoefabsesse kom op die volgende zones voor nl: Zone 3,4,5,6,7,8 en 11.  Sien skematise skets van zones op die hoef hierbo . In die reeks oor voete feite gaan ek elke tipe hoefabses afsonderlik bespreek en hoekom dit in ‘n spesifieke zone voorkom, asook wat die oorsaak daarvan is.  Kortliks kan ek net noem dat dit kan ontstaan a.g.v. ‘n gebreekte kloue, penetrasiewond, dun sole, Laminites en bloeding op die Coruim.  (In die Desmeber uitgawe van Veeplaas gaan ek die term Laminitis en bloeding breedvoerig bespreek)

 

Ongeag wat die spesifieke oorsaak van ‘n hoefabses is, het elke abses die selfde kenmerke nl;

 

  •  Daar is altyd los hoef wat wegtrek van die lewendige deel van die klou.

  • An-aerobise bakterieë is betrokke.

  • Die hoefabses het ‘n kenmerkende stink reuk.

  • In gevorderde gevalle is etter ook sigbaar.

 

Hemorrhage

Mankheid by melbeeste is ‘n baie groot problem regoor die wêreld.  Dit is die derde grootste rede vir prullings in Amerika, naas vrugbaarheid en mastitis.

 

Mankheid beïnvloed vrugbaarheid en bevorder mastitis.  ‘n Koei wat kruppel is laat nie die ander toe om haar te ry wanneer sy op hitte is nie.  Dit maak dus hitte observasie moeilik.  Indien sy wel ge-KI word is die konsepsie baie swak aangesien haar liggaam veg vir oorlewing.

 

Kruppel koeie het ook eerder mastitis as gesonde koeie;  Wanneer ‘n koei se voet seer is lê sy baie meer.  Sy kies ook die modder kolle uit omdat die koel nattigheid verligting gee vir die seer voet.

 

Mankheid is dus ‘n groter probleem as wat ons aanvanklik vermoed het.

 

Die twee terme wat dikwels gebruik word om die oorsaak van mankheid te beskryf is: Vrotpootjie en Laminitis.

 

Vrotpootjie

Vrotpootjie kom meestal net op een voet voor.  ‘n Bees wat vrotpootjie het, wys oornag dat sy kruppel is.  Dit gebeur nie geleidelik soos ander mankhede nie, maar in ‘n oogwink.  Dit is baie belangrik om te besef dat vrotpootjie altyd ‘n ontsteking op die vel tussen die kloutjies is (Zone 0 en 10)

 

Die swelling tussen die kloue veroorsaak dat die kloue uitmekaar staan.  Swelling is ook duidelik sigbaar op zone 9 as gevolg van die ontsteking wat daar binne in die hele voet is.

 

Indien die seer voet opgetel en van nader bekyk word, sal die volgende opgemerk word:

 

1. In die begin stadium is die vel tussen die kloutjies (zone0) net blink en glad van al die swelling.

 

2. Twaalf ure na die bees begin kruppel word het, sal die vel tussen die kloutjies (zone0) gebreek wees. ‘n Geel kleurigge weefsel sal sigbaar wees.  Dit is soortgelyk aan die pit van ‘n pitsweer. Sien foto 1

 

Druksere

Druksere kom in 80% van die gevalle voor op die agter voete en op die buite kloue se haak.  (Sone 4 van Zinpro se skematiese voorstelling).

 

Omdat dit onder die voet op die sool van die hoef voorkom, dink baie boere dat die koei net op ‘n klip getrap het.  Daar is egter ‘n diepere rede vir die tipe mankheid.

 

Om druksere te verduidelik wil ek verwys na Fig 1. Dr Roger Blowy se beskrywing van hoe ‘n beesklou lyk wat deurgesny is.

Die driehoekkigge beentjie wat binne-in die hoef sit (pedal bone) is die sondebok wat verantwoordelik is vir so baie mankheid op die agtervoete.

 

Die lewendigge deel van die hoef (die corium) is geleë tussen die hoef capsule en die drie hoekkigge beentjie (pedal bone).  Indien die koei op ‘n harde sement oppervlakte staan, word die corium gekneus tussen die hoefkapsule en die beentjie.

Witlyninfeksies

Baie boere kontak my en beskryf ‘n mankheids toestand op sy bees met die woorde: “Dit lyk of die hoef oop gaap en wil afval.”

 

Dit is ‘n tipiese beskrywing van Witlyn infeksie.  Dit ontstaan in Sone 3, en breek uit op die haarlyn tussen Sone 8 en Sone 9. (Sien Zinpro se diagram hierbo.)

 

Witlyn infeksies kom in 80% van die gevalle voor op die agter pote, op die buite klou op die haak.

 

Die witlyn is die swakste plek op die voet, aangesien dit die verbinding tussen 2 tipes strukture is.  Dit skei die dooie wand en die lewendigge lamina van mekaar.  Boonop is sone 3 die area waar die witlyn beign in die”ab-axial” area en waar die sagte haakke van die hoef begin.  Drie strukture ontmoet mekaar in sone 3 en daarom ontsaan ‘n krakie so maklik in daardie area.

 

Rolkloue

n Bees se voet, of te wel die twee kloutjies gesamentlik moet simmetries wees.  Dit beteken dat die binne- en buite kloutjies op die voet min of meer die selfde vorm en grootte moet hê (Figuur 1).  Verder, moet ‘n normale voet se dra oppervlakte (wat aan die grond raak) weier wees as bo by die haarlyn waar die hoef begin.

 

Met dit in gedagte, kan ‘n rolkou baie maklik geidentifiseer word aangesien dit  a-simmetries is en een kloutjie se dravlak ook baie smaller is as die ander kloutjie.  Van daar die naam: Rolklou. Die kloutjie rol onder die voet in.

 

Die een kloutjie wat rol se toon gedeelte sal ook ‘n skerp punt vorm.  Dit sal ook roteer soos ‘n Koedoe horing of ‘n kurk-trekker. (Sien figuur 2).

 

Lang Kloue

Beskrywing

 

‘n Bees se hoef wat ‘n normale lengte is sal wissel tussen 70 en 80mm.  Dit is betreklik kort.  Die gemiddelde man se hand is 75mm breed.  Dit is dus maklik om jou 4 vingers teen die kloutjies te hou en te bepaal of die hoewe te lank is.

 

Die hoef kan in twee dele opgedeel word.  Die voorkant sal die tone wees en die agterkant die hakke.  Indien ‘n bees kort tone en ‘n goeie “hoef diepte” het, beteken dit eintlike dat die hakke regop en goed ontwikkel is en dat die hoek wat die tone met die grond maak ‘n regop hoek vorm.

 

Oorsake

 

Alle beeste se hoewe groei.  Dit is baie belangrik dat hoewe wel groei.

 

Die koruim groei vir homself ‘n “skoen” uit om die lewendigge deel van die hoef te beskerm.

 

Voetbaddens

Voetbaddens is seker die mees effektiefste manier om bakteriële mankheid soos vrotpootjie, erosie op die hakke, en voetvratte te voorkom en te genees.

 

In die September (Deel1) uitgawe van Op Vast Voete het ek voetvratte bespreek.  Dit is ‘n baie groot problem by melk en vleis beeste in die droë tye van die jaar.

 

Om ‘n kudde te behandel teen voetvratte, het ‘n boer ‘n goeie voetbad nodig.  Hier volg ‘n paar riglyne”

‘n Voetbad wat korrek gebou word, kan bestuur baie vergemaklik en kan ook baie koste effektief wees.  Die teendeel is egter ook waar indien ‘n voetbad verkeerd gebou is.

 

1. Die voetbad moet op die regte plek staan verkieslik met sement voor en na die voetbad.’n Voetbad wat net voor of na ‘n modder / mis kamp is, sal minder effektief wees omdat die voete nog te vuil is voor dit in die medisyne gedoop word.  Indien die koeie direk in die modder / mis loop na die voetbad, kry die medisyne nie genoeg kans om te werk nie

 

Amputasie

In die vorige uitgawe van Veeplaas het ek gesels oor hoefabsesse wat permanente skade kan opdoen indien dit nie vroegtydig behandel word nie.

 

Vele vleisbeeste is al in die verlede geslag as gevolg van ‘n permanente mankheid op 1 van die 8 kloutjies.  Die kloutjie wat seer is, vertoon langer as die ander kloutjies of lyk in sommige gevalle of dit selfs ‘n rolklou begin ontwikkel (Fig1)

 

Indien so ‘n vleisbees geslag word as gevolg van “genetiese” redes, sou dit verkeerd wees.

 

Die toets of ‘n bees se klou ‘n genetiese afwyking het, sal sigbaar wees in die herhaling daarvan.  Indien die bees se linker agter voet se buite kloutjie ‘n defek het moet die regter agtervoet se buiteklutjie dieselfde defek hê.  Lees gerus weer die Mei uitgawe waar ek oor Rolkloue geskryf het (Deel 8).

Absesse In Die Binnekloue

In die vorige uitgawe van Veeplaas het ek gesels oor hoefabsesse wat permanente skade kan opdoen indien dit nie vroegtydig behandel word nie.

 

Vele vleisbeeste is al in die verlede geslag as gevolg van ‘n permanente mankheid op 1 van die 8 kloutjies.  Die kloutjie wat seer is, vertoon langer as die ander kloutjies of lyk in sommige gevalle of dit selfs ‘n rolklou begin ontwikkel (Fig1)

 

Indien so ‘n vleisbees geslag word as gevolg van “genetiese” redes, sou dit verkeerd wees.

 

Die toets of ‘n bees se klou ‘n genetiese afwyking het, sal sigbaar wees in die herhaling daarvan.  Indien die bees se linker agter voet se buite kloutjie ‘n defek het moet die regter agtervoet se buiteklutjie dieselfde defek hê.  Lees gerus weer die Mei uitgawe waar ek oor Rolkloue geskryf het (Deel 8).

 

  1       2        3

  1       2        3

       1       2

            1

bottom of page